Alles is vol stof. Of vol sand. ‘n Sterk wind gewaai, en die plek se deur is mos moer groot, so nou is hierdie hele counter vol sand. Ja nie stof nie, sand. Sal miskien foto by sit as ek dit kan reg kry. Of dit mooi kan kry.
Continue reading Moerse stil nou, net voor die storm.Author: carelkat
Tyd om sommer vroeg al iets te sê.
Laat ek sommer vroeg al in Desember iets skryf. Wat ek gaan skryf weet ek nie, maar skryf gaan ek skryf. Ek het baie om te sê, baie om te skryf, maar ek kom net nie daarby uit nie. En dalk moet ek straight wees en sê ek is net te lui.
Continue reading Tyd om sommer vroeg al iets te sê.Dinge lyk beter
Dinge lyk baie beter. Tel mooi op. Mense kom in, mense kom terug, mense begin groot koop. Ek begin om die regte produkte te kry. Dis nou nog net die biltong wat moet mooi move. Maar dit sal gou gebeur.
Continue reading Dinge lyk beterSo dinge gebeur nou.
Of so hoop ek, of so lyk dit. Meer en meer mense kom in die winkel in. Ek hoop die pamplet wat ek gaan laat druk sal die laaste bietjie werk doen. Dan moet ek net weer probeer met die biltong. Kom ek vertel die plan.
Continue reading So dinge gebeur nou.Ek het dit al gesê, sê dit weer.
God gee wysheid, God is wysheid. Daar is nie een soos Hy nie, niks kan met Hom vergelyk word nie. Ek loof en prys die God wat ek ken, soos ek Hom ken. Daar is geen ander nie, ek soek in elk geval geen ander nie.
Continue reading Ek het dit al gesê, sê dit weer.Bietjie ander dinge. September.
Die vrou langs my park nou haar moerse kombi vlak voor my plek, en ek het al gevra dat sy nie daar parkeer nie. Ek het haar nou gesê om nie voor my te stop nie. Maar dis nou al laas week wat die gebeur het. Dis nou September en ek skryf sommer aan.
Continue reading Bietjie ander dinge. September.Nou vir die groot werk.
Kom dit by die winkel, moet ek nou nog produkte soek en moet ek mense in die winkel in kry. Kom dit by die app, moet ek hom nou laat werk en die ding verkoop kry. En ek moet die tyd gebruik om te leer, wat ek moet leer.
Continue reading Nou vir die groot werk.Winkel vordering.
Vir ‘n verandering ‘n ander plan. Nie om by Tops weg te kom nie. Nou moet ek plan maak om meer turnover te kry. Baie meer. Ek dink die bulk gaan werk. Baie goed werk, elke bietjie word meer.
Continue reading Winkel vordering.So wat gebeur sovêr?
So dis nou Maandag. Ek moet nou FNB toe gaan om my kaart te kry en my Speedpoint te reël. Dit het nou alles al gebeur. Dis nou al klaar Woensdag die volgende week, dus nou al klaar paar dae later. Die winkel is al oop en elke dag trade ek beter. So baie goeters en ek skryf so min.
Continue reading So wat gebeur sovêr?Nou moet ek gaan slaap.
Ek wou so graag die hele aand geskryf het, maar soos baie kere nie daarby uitgekom nie. Maar ek sal môre daarby uitkom. Verseker. Môre gaan ‘n goeie dag wees. Ek gaan my winkel finaal skoon maak, die till insit, en die paal hopelik verf.
Continue reading Nou moet ek gaan slaap.