Dinge lyk baie beter. Tel mooi op. Mense kom in, mense kom terug, mense begin groot koop. Ek begin om die regte produkte te kry. Dis nou nog net die biltong wat moet mooi move. Maar dit sal gou gebeur.
En natuurlik moet ek die meaty bones kry. Dit sal my oor die lyn bring. Ek werk hard om iemand te kry om dit vir my te saag. Ek weet sommer ek is naby, ek het twee opsies sovêr. Al wat ek vra is hy moet dit net vir my op sny, ek vat dit vir hom in ‘n plastiek kerkbak (soos ek dit noem), en hy gee dit vir in daardie bak terug – gesny. Ek sal self die sakkies maak, of dit in sakkies opmaak.
Die biltong kan mooi optel as ek die banner buite op het, en ook mooi bakke het om dit in te sit. Ek kry hulle hopelik Maandag. Derick hoort môre vir my die banners op te sit. Ek glo nog steeds dit gaan my ticket wees. Baie profit op biltong. En een van die dae het ek my hele siklus reg. Van maak, halfpad nat in die vrieskas sit, en dan weer verder droog, en dan babalas mix maak.