God gee wysheid, God is wysheid. Daar is nie een soos Hy nie, niks kan met Hom vergelyk word nie. Ek loof en prys die God wat ek ken, soos ek Hom ken. Daar is geen ander nie, ek soek in elk geval geen ander nie.
En ek weet dinge is naby vir my, dit sien ek ook. Ek wens ek kan vandag se storie vertel, ek is nie seker of ek mag nie. Maar as vandag kon gebeur het, kan die res ook gebeur. Dan weet ek die hele ding is waar, of moontlik. So ook die dinge met die sny, ek moet nou net hierdie gawe aanblaas.