So dinge gebeur nou.

Of so hoop ek, of so lyk dit. Meer en meer mense kom in die winkel in. Ek hoop die pamplet wat ek gaan laat druk sal die laaste bietjie werk doen. Dan moet ek net weer probeer met die biltong. Kom ek vertel die plan.

Dit is wat gaan gebeur. Ek gaan die winkel in die volgende twee maande op bou dat ek klein salaris kan trek. Dan gaan ek die app bou, en hom uitbrei dat ek hom vir een moerse bedrag kan verkoop. Die app en die website. Ja, dit doen ek deur die dag.

Derick gaan weer werk kry in Kempton Park, dan gaan ek die huis hê vir myself deur die dag. Gaan ‘n betroubare kassier hier in die winkel insit. Net nou en dan kom oë wys. Dis wat ek besluit gaan gebeur en dit gebeur.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *