Kom dit by die winkel, moet ek nou nog produkte soek en moet ek mense in die winkel in kry. Kom dit by die app, moet ek hom nou laat werk en die ding verkoop kry. En ek moet die tyd gebruik om te leer, wat ek moet leer.
So die winkel loop elke dag al hoe beter. Ek sal hom natuurlik moer baie moet laat optel, maar ek is op pad. Mense kom meer in, en die “word of mouth” werk die beste. Gaan nog steeds flyers laat druk en dit dan uitgee. Gaan ook ‘n demo meisie kry. Sy moet voor staan met tafel en samples gee van die polony en so.
Dan moet ek paar goed kry. En paar goed doen. As dit kom by die goed kry, dan is dit verseker kool, spinasie en eiers. By die vleis dinge is dit cow heals, tonge en meaty bones of stew. Miskien trotters ook. Kan ek jou trotter noem vir vandag?
Ek sit nou redelik op nommer nege en negentig as dit kom by my data. Baie min oor, en dit moet hou tot na ses as ek by die huis kom. So ek dink ek moet die laptop weg pak en eerder die bietjie wat ek oor het hou vir data. Ek het nog 100mb oor.
Jy moet nou net vanaand jou hand uit jou gat uit haal en op Koop en Verkoop plaas jy soek eiers, kool en spinasie vir ‘n start. Dan drink jy lekker hot chocolate en jy soek oplossing oor hoe om die emulator te laat werk, of ‘n alternatief.