Ek wou so graag die hele aand geskryf het, maar soos baie kere nie daarby uitgekom nie. Maar ek sal môre daarby uitkom. Verseker. Môre gaan ‘n goeie dag wees. Ek gaan my winkel finaal skoon maak, die till insit, en die paal hopelik verf.
Stefaans gaan ook voor mooi maak by die muurtjie en hopelik kom maak Kian my drein reg. Daar is vrot water wat by my agterdeur lê, en dit moet weg voor ek trade. Dan wil ek ook gaan kyk hoeveel krag is oor. Dan sal ek weet ontrent hoeveel krag ek gaan gebruik in ‘n maand. Ek hoop nie dit is te veel nie.
Môre oor die winkel. Ek gaan dit maak.