Laat ek sommer vroeg al in Desember iets skryf. Wat ek gaan skryf weet ek nie, maar skryf gaan ek skryf. Ek het baie om te sê, baie om te skryf, maar ek kom net nie daarby uit nie. En dalk moet ek straight wees en sê ek is net te lui.
En nie net met skryf nie, met ‘n moerse lot ander goed ook. Doen dit net nie. Soos om die printer reg te maak, of om die ander Facebook account skoon te maak. Of om al die goeters wat ek wil verkoop uit te kry, die flyer te print en te gaan opsit. Ek doen dit net nie.