So dis nou Maandag. Ek moet nou FNB toe gaan om my kaart te kry en my Speedpoint te reël. Dit het nou alles al gebeur. Dis nou al klaar Woensdag die volgende week, dus nou al klaar paar dae later. Die winkel is al oop en elke dag trade ek beter. So baie goeters en ek skryf so min.
So die winkel is oop, en die sales begin so stadig maar seker inkom. Sal baie meer moet doen vir bemarking. Iemand buite sit en mautwna verkoop, of stukkies brood met achar uit deel. Die banners begin klaar so bietjie help. Sal ook op social media moet begin adverteer.
Ek moet ook nie vergeet dit is die middel van die maand, niemand het geld nie. My groot opening gaan met Sassa wees. Dan gaan ek die bietjie pap en mautwna doen. Miskien ook vir Shanay kry om in die straat te braai.
Van Shanay gepraat, ek trust haar meer as vir Rebecca. Nie dat Rebecca my sal besteel nie, maar Shanay gaan net beter doen. Sy gaan my ook goedkoper uitwerk met die geld wat sy my skuld.
Laat ek begin opkas om te loop. As my bure loop moet ek ook loop, doen dit maar vir veiligheid. So dinge glad nie te bad nie. Môre meer oor die sign wat klaar begin werk.