Kom ek toets die ding, Ja dit werk, Dis nou die ëêôö letters wat ek met ‘n bietjie langpad moet insit omdat ek met ‘n keyboard werk wat nie ‘n number pad het nie. Maar dit is vir eers die moeite werd.
Continue reading Nuwe jaar is aan die gang.Author: carelkat
Nog steeds nie vir Hom gesluister nie.
Wel dis nou nie Saterdag nie, dit is Sondag. Voel wel soos ‘n Saterdag. Heeldag gewerk, so dit voel soos Saterdag. Ek gaan die keer vir God luister. Ek gaan Hom weer teken vra dat ek moet weg trek van haar af, en dit dan van Dinsdag af doen.
Continue reading Nog steeds nie vir Hom gesluister nie.Moes vir God geluister het.
Maar dis nog nie te laat nie, gaan nou begin om dit te doen. Dis nou as dit kom by Joahannah Phuti. En daar leer ek weer nie my les nie. Sommer vandag, twee dae later dat ek die wou skryf, of post.
Continue reading Moes vir God geluister het.Nou net na die middel van Desember.
Nou net my Razer Blackwidow terug gesit. Weet nie juis hoekom nie. Ek dink nie juis hy tik beter as die Ducky nie, maar het net die hele tyd ‘n urge gehaad om dit te doen. Sal hom maar vir so ‘n week of twee in hou. Sal dan maar kyk wat gaan aan.
Continue reading Nou net na die middel van Desember.Amper Desember, jaar verby.
Ek sal nou iets moet doen, dit lyk of ek dit self moet doen. Nee wag, God gaan my wys. Of die Vader. Dis ‘n lang storie daai. Ek sal moet begin vroeër opstaan, meer lees, en meer leer. Meer opsoek, en meer Woord spreek.
Continue reading Amper Desember, jaar verby.Kom ons begin hier.
Ek gaan gou vir my ‘n lekker koppie koffie maak. Net om so bietjie wakker te bly. Sewe uur sit die klomp weer die krag af, ja load shedding begin weer, lyk my na vase drie. Wat ‘n gemors. So ek dink so bietjie wat ek moet doen tot dan toe. Hier is die opsies.
Continue reading Kom ons begin hier.En hier is ons weer.
Einde van Oktober, tyd vlieg so, dit voel soos in die maand wat ek geskryf het by die werk, en toe ek nou op die datum kyk was dit einde September wat ek dit gedoen het. So laat ek nou maar iets skryf dan het ek hierdie maand ook iets gedoen. Nie te veel het gebeur in die maand nie.
Continue reading En hier is ons weer.Maandeinde Saterdag in Tops
Ja dis een woord. Die krag is nog steeds af en ek skryf hier van Tops af. Maar Derick het net na die skryf van die eerste sin laat weet die krag is aan. Dit was so na twaalf uur. Die winkel is moer besig. Dis die een of ander event in die lokasie vanaand.
Continue reading Maandeinde Saterdag in TopsAmper weet tyd.
Dis amper weer sulke tyd, maar die keer het ek mooi plan gemaak. Ek skryf hierdie nou by die werk. Ja ek werk nog steeds by Tops, ten spyte van al my drome en planne, kom ek net nie hier weg nie. Darem het ek nou plan gemaak sodat ek nou al skryf.
Continue reading Amper weet tyd.My donner, al weer!!
Kan jy glo daar is weer ‘n maand om sonder dat ek ‘n post geskryf het. Liewe bliksem tyd vlieg. Kom ons skryf nou maar gou ietsie. Oor Lucy, Petunia en die app.
Continue reading My donner, al weer!!