En hier is ons weer.

Einde van Oktober, tyd vlieg so, dit voel soos in die maand wat ek geskryf het by die werk, en toe ek nou op die datum kyk was dit einde September wat ek dit gedoen het. So laat ek nou maar iets skryf dan het ek hierdie maand ook iets gedoen. Nie te veel het gebeur in die maand nie.

Nou ek dink seker die belangrikste ding was maar seker Sondag se Wêreldbeker. Ons wen hom toe weer, vierde een, en twee in ‘n ry. Ek kon skaars die laaste vyf minute kyk. Dit was net te veel vir my party keer. En voor dit was die Engelse en voor dit die Franse. Altwee daai ook net met een punt. Dit was en voel lekker.

Ek sal meer moet begin skryf, regtig baie meer. Begin deur vir jou ‘n mooi template te koop. Post meer pics en skryf meer oor Johannah Phuti. Baie mooi dinge wat daar gaan gebeur. Daarvan is ek seker. Skryf ook oor jou pad met Lucy en dan oor Petunia.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *