Nuwe jaar is aan die gang.

Kom ek toets die ding, Ja dit werk, Dis nou die ëêôö letters wat ek met ‘n bietjie langpad moet insit omdat ek met ‘n keyboard werk wat nie ‘n number pad het nie. Maar dit is vir eers die moeite werd.

Ja wat gaan die jaar vir my inhou. Wat moet ek anders doen om nie weer te eindig waar ek geëindig het nie. Ek sug nou en dink, ek sal moet weg by Tops. Ek sal by daai mense moet weg. Ek sal iets moet doen. Ek loop in die kamer rond nou nou en ek sê vir myself, waar wil jy heengaan met Johannah Phuti. Jy kan haar tog nie na die kamer toe bring nie.

Nou dink ek weer wat die Woord sê in Spreure. Kry eers jou werk buite aan die gang, dan kan jy vir jou ‘n huis bou. Dit staan daar êrens.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *