Kan jy glo daar is weer ‘n maand om sonder dat ek ‘n post geskryf het. Liewe bliksem tyd vlieg. Kom ons skryf nou maar gou ietsie. Oor Lucy, Petunia en die app.
Lucy is nog steeds die een. Ek soek daai vrou. Ek wil haar mooi aantrek en wie weet wat meer doen. Dan is daar Petunia. Ai ek weet nie wat gaan ek doen nie.
En dis soos ek vanaand vir Lucy sê, dinge is naby aan bymekaar kom met die app. Net daai klein dingetjie wat moet gebeur, Ek dink ek moet begin om te mail sodat ek vroeër die promosies kan kry, ek kan hulle nie so opsit in een aand nie.
Begin met die app, begin met die back door. Maak plan, ou, kry jou gat in rat.