Maandeinde Saterdag in Tops

Ja dis een woord. Die krag is nog steeds af en ek skryf hier van Tops af. Maar Derick het net na die skryf van die eerste sin laat weet die krag is aan. Dit was so na twaalf uur. Die winkel is moer besig. Dis die een of ander event in die lokasie vanaand.

Ek sal verseker iets moet doen. Ek is eintlik al so moeg om dit te skryf, dis net nie waar nie. As ek net met die kop kan begin. My kop. Dis waar die probleem is. Ek lê gisteraand in die bed en ek besef ek kan myself nie indink hoe dit voel om my eie huis te hê nie. Dis asof ek dit nie kan glo dat dit moontlik is nie. El sal verseker daar moet begin. Daai oomblik in die bed was dalk die begin van alles.

Maar hoe gaan ek dit doen. Ek sukkel om op te kom deesdae. Ek snooze die wekker to voor nege. Dan sit ek bietie op die bed en kyk eerder na die selfoon as om ander beter dinge te doen. Vir Woord te bid onder andere.

Dis nou amper toemaak tyd. Ek gaan nou begin om my goed kar toe te vat. Alles gaan reg kom.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *