Nou net na die middel van Desember.

Nou net my Razer Blackwidow terug gesit. Weet nie juis hoekom nie. Ek dink nie juis hy tik beter as die Ducky nie, maar het net die hele tyd ‘n urge gehaad om dit te doen. Sal hom maar vir so ‘n week of twee in hou. Sal dan maar kyk wat gaan aan.

Ja baie aan die gebeur die laaste ruk. Om terug te kom na die keyboard toe: hy soek software om die liggies mooi te laat loop (dag nou net gemaak, kom nou daarby uit) , en die software is vyf honderd en iets megabytes, so ek sal dit doen die laaste paar minute voor middernag. Ek sal dit maar download, ek soek bietjie fancy liggies.

Johannah Phuti het nou net vir my ‘n message getuur, en as daai vrou dit doen, dan is my dag gemaak. Dis wat ek bedoel het toe ek bo gesĂȘ het “dag nou net gemaak”. Ek weet nie wat is dit met daai vrou nie, ek weet nie hoekom val ek alewig vir haar nie. Maar ek kry haar nie uit my kop uit nie.

Daai bo is ook nie eintlik reg nie, want sy is nie in my kop as ek by Lucy is nie. As ek by Lucy is dink ek nie eintlik aan Johannah nie. En dis asof ek en Lucy baie meer connect die laaste paar dae.

Petunia praat ook nou.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *