Nog steeds nie vir Hom gesluister nie.

Wel dis nou nie Saterdag nie, dit is Sondag. Voel wel soos ‘n Saterdag. Heeldag gewerk, so dit voel soos Saterdag. Ek gaan die keer vir God luister. Ek gaan Hom weer teken vra dat ek moet weg trek van haar af, en dit dan van Dinsdag af doen.

Nou is dit Kersfees. Het gister hier begin skryf, gaan nou hier aan. Baie gebeur vandag. Ek dink Johannah Phuti is lief vir my en wil met my trou. Sy wag net om gevra te word. Ek dink sy glo nie ek wil met haar trou nie. Sy glo my net nie. Ek sal moet ring koop. Gister toe vra ek haar of sy nog met my gaan trou, toe vra sy waneer.

Een dink weet ek, ek sal moet bietjie chill met haar. Dit is seker mootlik, ek sal maar sien. Sal nou terug kom na die toe. Nog ‘n ding wat gister gebeur het, is ek het haar gesê ons sal moet bymekaar kom en lekker praat. Sy sê toe vir my ja. Maar ek dink ek sal regtig moet bid vir krag en bietjie moet chill om haar.

Wat ek na toe sal will terug kom is om die ander keyboard te gebruik. Ek sal net voor ek hier begin tik die letter wat ek die meeste gebruik moet kies in die character map van Windows, en dan dit moet paste en die woord gebruik wat ek soek. Hoeveel langer kan dit wees. Ek dink daar is anyway net vier of so karakters wat ek gebruik. Dan sal ek met die klein Ducky kan tik. Kom ek toets dit nou.

So nou is ek op die klein Ducky. En ek hou baie van hom, my gunsteling om die waarheid te sê, en daar kry ek dit toe reg. Môre kan ek nou net so maklik tik. Ek dink dis maar hoe ek dit gaan gebruik. Net vir ‘n rukkie, dan gaan ek weer na my ander keyboard toe, ek sal wel gatvol raak vir die een. Om die waarheid te sê ek dink nie so nie.

Lucy soek my nou op WhatsApp. Laat ek gou hoor wat soek sy. Net die gewone check up op my. Nice van haar. Laat ek ‘n nuwe post begin oor al die vrouens. Drie van hulle.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *