Ek weet nie of ‘n kat kan swanger wees nie, of is sy dragtig, maar heng hierdie kat is nou vir jou groot van kleintjies dra. Ek dink haar tyd is naby van aflaai, en ek jou een ding sê, dit gaan nie in my huis gebeur nie. Ek hou haar nou buite ten alle kostes. Continue reading Hierdie kat is darem nou vir jou swanger.
Author: carelkat
En ek sal my aan hom openbaar.
Dit is wat die Here sê, Hy sal Hom aan my openbaar. As ek Sy opdragte het en dit uitvoer, sal Hy Hom aan my openbaar. So ek moet Sy opdragte kry, en dit uitvoer. Continue reading En ek sal my aan hom openbaar.
Dit lyk dit sal Android wees vir eers.
Ek is nou baie seker dit sal Android apps wees vir eers. Ek geniet dit en kom baie makliker daarmee reg. Ek sal later weer terug gaan na PHP toe en gewone websites. Ek dink ook dit sal dan makliker wees want baie dinge soos variables en integers bly diselfde. Continue reading Dit lyk dit sal Android wees vir eers.
Ek hou van Saterdag.
Soos bo gesien is dit Saterdag. Soos bo gesê, ek hou van Saterdag. Dis anders in die winkel. Ek dink die mense wat vir my werk hou ook van Saterdag. Ek weet dit like naweek, maar vir ons wat amper heel week werk is dit anders. Dis like daar is nie groot werk op Saterdag nie. Continue reading Ek hou van Saterdag.
Dis hoe jy dit doen.
Dis hoe sê en môre sit op die ding. Nou kan ek dit die heeltyd doen op die ding. Baie vêr gevorder met my Andoid tutorial. Baie tevrede. Sal nou net sien of ek dit moet doen. Lyk so as ek na my visioene kyk.
Paas Vrydag
Vandag was Paas Vrydag, of ook Goeie Vrydag. Ek hou van die laaste een, dit is regtig ‘n goeie dag vir ons gewees, die res van die wêreld. Dankie Jesus. Continue reading Paas Vrydag
Nou hoe verander ek dit.
So ek weet nou wat is fout. Ek weet nou hoekom wil ek nie dinge doen nie. Want ek sit daar en dink niks werk nie. Ek sit en dink – ag dit gaan tog nie werk nie, niks wat ek doen werk ooit nie. Of ek dink dit miskien nie hardop nie, maar my onderbewusyn (hoop dis hoe jy dit spel) voel dit. Continue reading Nou hoe verander ek dit.
Mense en vriende
Ek het dit al geskyf. Iemand is nie maklik jou vriend nie. En mense sal jou nail waar hulle kan tot hulle voordeel. Ek wens ek was so. Miskien is ek so en weet ek dit nie.
Wat moet ek doen.
Waarheen moet ek gaan?
Sal moet begin meer skryf.
As ek sê ek moet meer skryf, bedoel ek nie ek moet meer male skryf nie, maar ek beboel ek sal meer moet skryf wat op my hart is. Meer dinge moet sê wat ek nie juis vir niemand kan sê nie. Dinge oor hoe ek voel. Meer oor vrouens, oor my werk en mense. Meer oor wat ek lees. Veral in die Bybel. Meer oor die daaglikse dinge. En as mense dit lees, wel tough shit. Continue reading Sal moet begin meer skryf.