Dit lyk dit sal Android wees vir eers.

Ek is nou baie seker dit sal Android apps wees vir eers. Ek geniet dit en kom baie makliker daarmee reg. Ek sal later weer terug gaan na PHP toe en gewone websites. Ek dink ook dit sal dan makliker wees want baie dinge soos variables en integers bly diselfde.

Gister was dit die lekkerste weer gewees vir ‘n Sondag. So teen 1 uur begin reën en drup. Dit was net lekker. Ook so bietjie laat geslaap, en baie tyd spandeer aan Woord spreek en leer.

Gisteraand regtig die mooiste meisie ontmoet. Ek moes haar my nommer gee en het nie hare gevat nie, en ek hoop regtig sy Whatsapp my of sms my. Sal daarvan hou om bietjie met haar uit te hang. Sy sê sy het ook ‘n vriendin en cousin van wie ek sal hou. Kom ons kyk maar.

Ek gaan nou maar begin reg kry en werk toe gaan. Ek sal in die week met Carel moet gaan praat oor my ure. Ek stel af en af, maar sal in die week moet gaan praat. Dis nogal ‘n terugslag dat Bennie bedank het, nou sit ek met Oom Herman opgeskeep. Santjie bulldoze hom nou al weer daar in. Sal maar sien hoe lank gaan hy hou. Het blykbaar nie baie lank by die deli en toe by die slaghuis gehou nie.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *