En ek sal my aan hom openbaar.

Dit is wat die Here sê, Hy sal Hom aan my openbaar. As ek Sy opdragte het en dit uitvoer, sal Hy Hom aan my openbaar. So ek moet Sy opdragte kry, en dit uitvoer.

Iets anders wat ek ‘n paar keer vanoggend gelees het is om na Sy wil te vra, dit het net by my opgekom om te bid waarheen om te gaan en wat om te doen.

Wou nou nou hemp styk, maar toe kom ek op ‘n getrykte hemp af in die kas. Hoop dis reg gespel, waneer laas het jy die woord styk geskryf? Dit kan nie struik wees nie want dit is ‘n plant, so dit moet stryk wees en gestrykte wees. Kom ons Google. Ja, dit is soos ek dit het, gestryk en gestrykte.

Daai mooi meisie van gister het my toe nie gekontak nie. Gehoop sy Whatsapp my, of stuur my ‘n call me, maar toe nie. Ek dink sy sal nog, ek hoop sy doen. As sy nie, sal ek haar weer raak loop, ek hoop so.

Loop vandag weer vroeg, so gaan bietjie huis toe kom en kyk of ek daai Android tutorial kan klaar maak. As ek dit kan doen, kan ek volgende aanbeweeg na ‘n Java tutorial toe. Vind dit ‘n klein bietjie makliker as PHP op die stadium, maar baie van die beginsels bly dieselfde. Het ek dit nie gister of Sondag gesê nie? Miskien.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *