Sal moet begin meer skryf.

As ek sê ek moet meer skryf, bedoel ek nie ek moet meer male skryf nie, maar ek beboel ek sal meer moet skryf wat op my hart is. Meer dinge moet sê wat ek nie juis vir niemand kan sê nie. Dinge oor hoe ek voel. Meer oor vrouens, oor my werk en mense. Meer oor wat ek lees. Veral in die Bybel. Meer oor die daaglikse dinge. En as mense dit lees, wel tough shit.

Gaan nou nou winkeltjie toe. vir die laaste keer. Maak hom toe vandag. Nie die moeite werd om hom oop te hou nie. Gaan miskien vandag goed, maar oor ‘n week of twee stress ek my weer dood om vir Abba Liquor te betaal, en die huur en so. Maak die ding toe en cut my losses. En ook my Sondae is vir my meer werd.

Ek het nou net terug gekom van die winkeltjie af. Het hom toe gemaak. Die ouens ‘n braai gegee om te sê dankie vir die support. Miskien voel ek bietjie verlig, miskien bietjie sad. Net nog iets wat nie gewerk het nie. Wat sal werk. waneer gaan iets werk. Wat is fout met my. Wat doen ek of ons verkeerd. Met ons bedoel ek ons Venters. Waar moet ek begin om te verander, hoe moet ek dit doen.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *