Hierdie kat is darem nou vir jou swanger.

Ek weet nie of ‘n kat kan swanger wees nie, of is sy dragtig, maar heng hierdie kat is nou vir jou groot van kleintjies dra. Ek dink haar tyd is naby van aflaai, en ek jou een ding sê, dit gaan nie in my huis gebeur nie. Ek hou haar nou buite ten alle kostes. 

Kom ek kyk of Liesbet hier is. Sy hoort vandag te kom, maar as sy nie hier is nie, dink ek het sy geloop. Ok, sy is nie hier nie, en sy weet sy moet nie op public holidays kom nie, so ek dink sy het maar seker geloop. Dit sal nie so ‘n groot knock wees nie, al wat bietjie gaan pla is die klere stryk. Maar dit doen ek sommer voor ‘n movie op Sondae. Sal laat weet.

Ek moet nou tot ‘n punt kom met die blog. Wat gaan ek doen, gaan ek die hele tyd dagboek skryf, of gaan ek meer praat. Praat oor goeters wat ek nie juis kan praat nie. Soos byvoorbeeld……

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *