Ek hou van Saterdag.

Soos bo gesien is dit Saterdag. Soos bo gesê, ek hou van Saterdag. Dis anders in die winkel. Ek dink die mense wat vir my werk hou ook van Saterdag. Ek weet dit like naweek, maar vir ons wat amper heel week werk is dit anders. Dis like daar is nie groot werk op Saterdag nie. 

My werk is heel op datum by die winkel, so ek het nie groot werk nie. Net een invoice van koeldrank wat ek gekoop het by North West Soft Drink. En daar kom dalk vandag SAB in. ‘n Hele agt pallets Hansa 12 packs van die 440ml. Ek gaan dit verkoop vir R79,99.

Kry gister toe die deal van die Hansa’s. Gaan na Carel toe met die ding. Hier is hy op die foon met Hannes van Thabazimbi en sy swaar van Ellisras oor die ding en wil toe hê ek moet al 20 pallets vat. Ek try dit toe reël, maar toe is daar pallets wat baie baie sort dated is. Soos in die 24ste. Kry toe toe net vir my agt. Ek is bly want ek was nie lus om nou goed te receive en dan op ‘n trok te laai na ander Topse toe nie. Sal die ding baie versigtig moet benader in die toekoms. ?

Sluit vandag saam met Willem. As ek sê ek sluit saam met Willem, dan bedoel ek hy sluit die groot winkel en sluit die Tops. Dis nogal lekker om saam met hom te sluit, maar ek moet sê dis eintlike lekker om saam hulle almal te sluit. Of eintlik al twee, want ek sluit net naweke saam hom of Markus. In die week sluit ek ook saam met Jako of klein Dawie. Sal ‘n reeks begin genaamd “My gunsteling kolega in die hele wye wêreld.”

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *