Vandag was Paas Vrydag, of ook Goeie Vrydag. Ek hou van die laaste een, dit is regtig ‘n goeie dag vir ons gewees, die res van die wêreld. Dankie Jesus.
Wat ‘n goeie dag vir my ook vandag. Baie lekker. Lekkerste dag in ‘n lang tyd. Lekker Bybel gelees vanoggend, met God gespook, lekker met Hom gepraat, by Hom probeer uitkom. My droom vir die eerste keer in ‘n lang tyd weer neer geskryf. Ek is seker die openbaring van Sy redende mag in my lewe is naby. Inteendeel, ek dink hy het sy reddened mag in my lewe openbaar vandag. Dit is wat ek gesoek het, so ‘n wonderwerk.
Ook my slow cooker uit getoets vandag. Baie lekker. Sous was net bietjie dun gewees, maar ek sal dit uitsort volgende keer met meer bisto en meer bruin uie sop. Anders was dit baie lekker en is dit is ‘n baie nice ding. Sal ook volgende keer die groente ‘n bietjie later insit. Miskien so in die middel.
Maar die beste ding vanddag is hoe vêr ek met die Android tutorial gevorder het. Baie vêr. En wat nog beter was, ek weet nou dat as ek dit kan doen sal ek by die huis kan werk. Ek sal heeldag by die huis kan wees. Werk, sites en apps bou, kook, miskien bietjie in die tuin werk, kar was en so. Ek sal kan, veral as ek ‘n projek het. Nou moet ek net glo dat hierdie keer kan dit anders.