So ek weet nou wat is fout. Ek weet nou hoekom wil ek nie dinge doen nie. Want ek sit daar en dink niks werk nie. Ek sit en dink – ag dit gaan tog nie werk nie, niks wat ek doen werk ooit nie. Of ek dink dit miskien nie hardop nie, maar my onderbewusyn (hoop dis hoe jy dit spel) voel dit. Continue reading Nou hoe verander ek dit.
Category: Sommer net
Just is just writings. For everybody.
Mense en vriende
Ek het dit al geskyf. Iemand is nie maklik jou vriend nie. En mense sal jou nail waar hulle kan tot hulle voordeel. Ek wens ek was so. Miskien is ek so en weet ek dit nie.
Wat moet ek doen.
Waarheen moet ek gaan?
Sal moet begin meer skryf.
As ek sê ek moet meer skryf, bedoel ek nie ek moet meer male skryf nie, maar ek beboel ek sal meer moet skryf wat op my hart is. Meer dinge moet sê wat ek nie juis vir niemand kan sê nie. Dinge oor hoe ek voel. Meer oor vrouens, oor my werk en mense. Meer oor wat ek lees. Veral in die Bybel. Meer oor die daaglikse dinge. En as mense dit lees, wel tough shit. Continue reading Sal moet begin meer skryf.
Poker gistraand.
Moes eers die woord gistraand gaan opsoek het. Voel so snaaks om dit te skryf. Sê dit baie, maar toe dit by die skryf kom toe voel dit skoon anders. In elk geval, daar was poker weer gisteraand. Nie te veel ouens was daar nie. Demitri, Dana en Hans was die gewones, Wiehaan en dan natuurlik Carel by wie se huis ons gespeel het. Jan, Theresa, Andre’, Oom Andre’, Dave, Morne en so het gekort.
Ja nou kan dit beter werk. ?
My eie plek.
Ek is terug in my eie plek, dis nou op Nylstroom. Lekker gewees by Carel, maar dit is nou verby. Lekker hier in my eie plek. Soos ek vroer gesê het, gaan nie weer sy plek oppas nie. Te veel effort, en doen nie my selfbeeld nie goed nie. Eerder hier in my eie plek. Jou eie bed bly darem koning. Continue reading My eie plek.
Laaste dag hier.
Vandag, vanoggend,hoop ek is my laaste keer hier by Carel. Ek gaan nie weer nie. Ek hoop regtig ek kan nee sê as hy my vra om weer hier te kom bly. Dis lekker hier, en ek verstaan hy wil nie sy plek alleen los nie, maar my dinge word te veel omgekrap as ek hier bly. Was net in die roetine van vroeg gaan slaap en vroeg opstaan. Nou moet ek volgende week weer voor begin. Continue reading Laaste dag hier.
Geen April’s Fool nie.
Vandag is suppose to be April’s Fool’s day. Hoop dis reg gespel. Maar ek is nie game daarvoor nie. Glad nie. Of miskien is ek, het al paar keer so ‘n trick getrek, en ek dink my eenkeer baie duur in my lewe gekos. Dalk my hele lewe verander. Of sal ek sê, gekeer dat my hele lewe anders sou wees. Continue reading Geen April’s Fool nie.
Einde van nog ‘n maand.
Ek sê altyd daar is niks so koud soos tyd nie. Hy wag vir niemand nie, nie vir ‘n boemelaar op straat, nie vir ‘n koning nie. Dit stap net aan, yskoud. Ons trek al by einde Maart, dit voel soos gister wat dit begin Januarie was. Môre is April. die vierde maand in die jaar. ‘n Kwart van die jaar is om. Continue reading Einde van nog ‘n maand.
Leer om nee te sê.
Dit is my volgende ding waaraan ek werk. Om nee te sê. Net die woordjie “nee” sal baie stress uit ‘n mens se lewe uit vat. Jy hoef nie redes te gee nie, jy will net nie, want jy kan eintlik nie. Nie omdat jy selfsugtig is nie, jy kan net nie nie. Continue reading Leer om nee te sê.