Dit is my volgende ding waaraan ek werk. Om nee te sê. Net die woordjie “nee” sal baie stress uit ‘n mens se lewe uit vat. Jy hoef nie redes te gee nie, jy will net nie, want jy kan eintlik nie. Nie omdat jy selfsugtig is nie, jy kan net nie nie.
Vandag is Donderdag. Vandag kom alles in daai winkel, of amper alles. SPAR kom laai af, miskien kom SAB ook met daai 18 pakke Castle Lite. Hoekom drink mense daai shit, dis die slegste bier wat daar is. Maar anyway, kom ons kyk maar hoe gaan dit.
Ek het agter gekom met hierdie spanning ding van my, dit help om dit hardop aan te spreek. Nie soos in ‘n gees aanspreek soos die kerk nie, maar dit soort van uit te kak. Bietjie die Liviete voor te lees. Byvoorbeeld hierdie spanning wat ek het dat ek gaan laat kom. Is nog hope tyd, maar die stress pak my beet. Spreek dit aan en sê vir dit, fok die laat kom, so what as jy laat kom, jy werk elke aand tot 7 uur en kom eers 8 uur by die huis, jy kan maar laat wees een maal in ‘n lang tyd.
Gaan vandag vir Ds. Otto sien. Net om so bietjie te groet. Net ook om vir hom dankie te sê. Kom ek doen dit sommer nou ook hier: Dankie Otto vir wat jy vir my gedoen het daai dag met jou plan, en dankie wat jy nou nog vir my doen.
Terug te kom by die “nee” sê. Gister ‘n groot “nee” gesê. Miss Bakers wou by my geld leen, en toe sê ek “nee, ek kan nie”. Ek het nie vir haar gejok nie, want ek kan nie, maar ‘n paar maande terug sou ek dit gedoen het. Ek is bly ek het nie. Sy verdien dit nie. Sy verdien nie dat ek myself so in die moeilikheid kry nie, want dis waarin ek sou gewees het as ek vir haar gegee het. Ek kon seker vir haar gehelp het, maar dit sou myself terug gesit het, en soos ek sê, sy verdien dit nie. Ek is bly ek kon “nee” sê. Was moeilik gewees, maar ek het dit gedoen en voel nou beter as wat ek sou gevoel het as ek haar gehelp het. Anyway moeg dat sy my so gebruik. Ek dink sy doen dit. Kom ons kyk hoe gereeld kom sy nou na my toe. Sal julle op hoogte hou.