Ek sê altyd daar is niks so koud soos tyd nie. Hy wag vir niemand nie, nie vir ‘n boemelaar op straat, nie vir ‘n koning nie. Dit stap net aan, yskoud. Ons trek al by einde Maart, dit voel soos gister wat dit begin Januarie was. Môre is April. die vierde maand in die jaar. ‘n Kwart van die jaar is om.
Ek is bietjie tevrede met die jaar sover, ek kan nog nie veel verskil sien nie; nog steeds dieselfde werk, nog oorgewig, nog selfde kar en huis, maar ek voel en weet dinge kom nader. My kop is waar die groot verskil lê. Is seker dinge is naby.
Gister van Bianca ontslae geraak, of altans ek hoop so. Sy was net te veel. dis net airtime en data koop die hele tyd, dis al hoekom sy my ken. Nee genoeg is genoeg. Nou nog net Dorica en Michelle. Sal vir Sibongile aanhou en natuurlik vir Jowi. Moet in die toekoms nie airtime stuur nie, want as hulle sien dat jy kan van jou foon af stuur is jy in jou moer in. Hoop nou net nie Bianca maak kak vir my nie. Sy sal nie, die skuldige grawe ‘n gat en val self daarin.
Sien vanoggend Zuma het vir Pravin Gordon gefire en hom vervang met die idooit van Home Affairs. Kom ons kyk wat gebeur. Die ou het so aangejaag met die visa vir kinders storie, laat ons bietjie sien wat doen hy met die ekonomie. Hoop net as die ANC weer leier kies, kies hulle iemand met ‘n hoer kwalifikasie as standard 2. Dis wat Zuma het.