My eie plek.

Ek is terug in my eie plek, dis nou op Nylstroom. Lekker gewees by Carel, maar dit is nou verby. Lekker hier in my eie plek. Soos ek vroer gesê het, gaan nie weer sy plek oppas nie. Te veel effort, en doen nie my selfbeeld nie goed nie. Eerder hier in my eie plek. Jou eie bed bly darem koning.

Gaan beter. Kom so bietjie reg met die app bouery. Het bietjie gesukkel maar is nou back on track. Het veral gesukkel om my foon geconnect te kry om te sien hoe gaan die apps lyk. Het dit nou vanoogend gedoen en sien vuil uit na vanaand of more om weer aan die gang te kom. Will ook meer aandag aan hierdie site skenk. My kategorieë reg kry en so aan.

Het dit vroeër gesê, sê dit weer, dit is makliker om vroeg op te staan, as om vroeg te gaan slaap. Sukkel ek nog steeds met die vroeg gaan slaap. Elke keer nog kom ek nie voor elf in die bed nie.

Mis nogal die laaste paar dae vir Sandra. Weet nie hoekom nie. Dink net baie aan haar. Gaan maar begin om vir haar ‘n stash op te bou sodat ek haar eenkeer kan oornooi. Gaan ook maar vir Bianca werk gee by Tops. Net om haar van my case af te kry. En ek kry haar so bietjie jammer ook.

Gaan nou nog ‘n koppie koffie drink en bietjie Bybel lees. Baie lekker. God is groot. Dog net ek sê. Nou hoekom val die lamp.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *