Vandag is suppose to be April’s Fool’s day. Hoop dis reg gespel. Maar ek is nie game daarvoor nie. Glad nie. Of miskien is ek, het al paar keer so ‘n trick getrek, en ek dink my eenkeer baie duur in my lewe gekos. Dalk my hele lewe verander. Of sal ek sê, gekeer dat my hele lewe anders sou wees. Dit was nog by PEP Stores toe het ek vir ‘n ander bestuurder Hennie gesê hy moet een van sy vensters skoon maak voor Maandag. Hy het dit toe gedoen en en sy venster was leeg vir ‘n aand, en ek dink amper vir ‘n naweek. Die bestuur, Vlokkie Visser en so was nie impress met my gewees nie, en ek dink dit kon my bietjie bevordering gekos het. Wonder wat sou gebeur het as ek area bestuurder kon word in PEP. Waar sou ek vandag gewees het.
Ek wonder baie keer wat wil ek die theme maak vir my blog. Wil ek iets hiermee doen, of wil ek net skryf. Wil ek snaakse goed opsit, wil ek komentaar lewer op die daaglike nuus gebeure of wat. Ek sal kyk. Dink ek wil so bietjie van alles doen. Die ding is nie hier vir die geld maak nie, so dis nie belangrik nie. Ek dink ek moet tog die interviews doen met die skoner geslag soos ek wil. Dit sal fun wees om dit op te sit. ‘n Ander opsie is om al die dinge wat ek so in die Bybel raaklees op te sit.
Een ding wat ek verseker hier wil doen is om bietjie uit die kas te klim. Nie die kas wat julle almal dink meeste mans uit klim nie, ‘n Ander kas. ‘n Kas oor die skoner geslag. My voorkeure daar. Dit verg nogal bietjie iets.
My laaste dag by Carel se huis. Dink ek moet vanaand so bietjie braai. Of in die dorp rondhang, of dalk vir Christina oor nooi. Dalk iemand anders, my droom sal natuurlik wees om vir Sandra hier te kry. Sal maar sien en laat weet wat het ek toe gedoen gekry.