Moet nou my post of inskrywing maak vir Augustus en wil en wil nie net die gewone skryf nie. Maar wat skryf ek eintlik? Kom ons begin met ‘n paar dinge wat gebeur het die laaste paar dae of weke, die hele maand kan mens sê.
Sommer net
Just is just writings. For everybody.
Dinge gaan nou aan.
Paar dinge, eerste dinge eerste: Ek het gister verjaar en somehow was dit een van die lekkerder verjaarsdae gewees in ‘n lang tyd. Was net anders gewees, Die klomp skoolmaats wat geluk gewens het, die klomp op die pokergroep ook. Dan ek en Derick wat bietjie koffie gedrink het op die stoep, en ek lekker wortelkoek gekoop het, al was dit net paar snytjies.
Dis nou die nuwe site.
Hartseer ek het my ou site verloor. Maar hier is iets wat ek tydelik opgestel het. Ek dink dit lyk no nogal nie te sleg nie. Nog net hier en daar ‘n ding doen en dan kan ons oraait wees. Maar vir nou wil ek net eers bietjie weer skryf. Ek sal alles so op … Read more
Einde Mei 2026
Jip dis die einde Mei 2026.
Net dinge.
Hier is net ‘n paar dinge wat aangaan in my lewe of rondom my. Waar begin ek. Miskien net vir hierdie bliksems wat so in my kop toneel speel sê dit kry vandag end. En julle weet wie julle is. Fok julle almal man!! Ek is op my eie mission!! I will get back to you in due course of time.
Dit is verseker nou of nooit.
Ek is nou werkloos, met net geld om einde Maart my goed te betaal. So einde April, moet ek geld gemaak het op die inertnet (soos ek wil) om te kan aangaan. So wat is my opsies?
Ek besluit dit, en dit gebeur.
So belowe die Bybel vir my. Dit staan êrens in Job. Een van die versies wat ek elke dag op sê. Of veronderstel is om. Maar maak nie saak hoeveel Woord ek spreek nie, ek sal moet begin om te doen, ek sal moet my grond bewerk, anders help dit niks nie.
Ek dink ek het dit amper.
Ek wonder of ek ooit iets geskryf het vir Januarie. Maar as nie het nie, het ek nou. Daar is nog vyf en dertig minute oor dan is die eerste maand van die jaar ook in sy moer in. En weet julle wat?
Amper nie Desember gemaak nie.
Dis nou oor ek die groot rekenaar “gebreek” het. Ek het sy battery probeer vervang, en toe haal ek die fan af wat op die CPU is, en nou kry ek hom nie terug nie. Die eerste wat ek iemand kan kry om hom terug te sit vir my is eers Maandag oop.
Ek sny dit fyn, maak kom reg.
Ja ek sny dit baie fyn, maar ek kom reg, baie mooi reg. Het vandag ‘n groot stap gedoen na my website toe, wat dan net gaan werk op ‘n membership fee. Ek kyk na $25 per maand.