Wat skryf ek regtig?

Moet nou my post of inskrywing maak vir Augustus en wil en wil nie net die gewone skryf nie. Maar wat skryf ek eintlik? Kom ons begin met ‘n paar dinge wat gebeur het die laaste paar dae of weke, die hele maand kan mens sê.

Die grootste is die approval van Meta af. Beide die WhatsApp en die Messenger is approve. Messenger eers met die tweede shot. Ek moes die screencast oor maak. Het ontrent so twintig dae gevat altwee probeerslae saam. Dis nou Messenger. WhatsApp het die een shot so twee weke gevat.

So hier sit ek en rugby kyk. Nie eintlik lus nie maar nie veel anders om te doen nie. Ek soek nie eintlik die bokke moet wen nie, maar ek wil ook nou nie juis hê hulle moet teen die All Blacks verloor nie. Net te veel nasie bou in daai span. Verstaan wat ek bedoel?

Okay daar wen die Bokke toe. Ek stem nie saam dat die vierde toets moet tel as deel van die reeks nie. Hy word in Baltimore gespeel. So eintlik (volgens my) is die volgende toets die decider.

Leave a Comment