Paar dinge, eerste dinge eerste: Ek het gister verjaar en somehow was dit een van die lekkerder verjaarsdae gewees in ‘n lang tyd. Was net anders gewees, Die klomp skoolmaats wat geluk gewens het, die klomp op die pokergroep ook. Dan ek en Derick wat bietjie koffie gedrink het op die stoep, en ek lekker wortelkoek gekoop het, al was dit net paar snytjies.
En dan die groot nuus is natuurlik hierdie Facebook Messenger en WhatsApp dinge wat begin mooi lyk. Ek bou net een ding, en soos ek op Facebook rondkrap is daar baie wat dit gaan soek. Moet nou net een launch om te weet ek kan. Gaan net so paar in Suid Afrika doen, dan gaan ek die VSA slaan vir die dollars. Maar vir eers gaan dit werk om ‘n paar in Suid Afrika te bou.
My eerste proeflopie gaan wees om vir Mogodu Maotwna een te bou, en as werk en ek kry hom reg dan doen ek wat ek vanaand gedoen het. Moet net seker maak oor my Suid Afrika prys. Ek dink R2000.00 sal die job doen vir Augustus. Maar dit lyk my volgens Gemini moet ek so R3000.00 per entry level job vra. Kom ons kyk maar, maar ek moet eers die ding live kry.