Laat ons sien hoe lank gaan dit die keer aanhou.
Wat ‘n Saterdag
Wat ‘n Saterdag. Besig in die winkel, en ‘n hele trok ontvang en ingetrek. Lekker moeg. Baie meer gebeur, maar nou te moeg om te vertel. Sal môre redentlik skryf.
Gister toe nie te bad nie.
So die trok vol pallets wat vandag toe moes kom, het toe gister gekom. Vandag kom net SAB. En as alles reg loop kan ek vroeg huis toe gaan en aan die site bou. Dis nou die nuwe site. Wou gisteraand gebou het aan die site, maar was net so moeg. Continue reading Gister toe nie te bad nie.
Vandag is Sondag.
Laat gaan slaap gisteraand, net so voor sewe opgestaan. Will so een uur Cyferskuil toe ry. So dit los my met ‘n paar ure om my dinge te doen. Wil miskien ‘n ander paar entries hier maak behalwe die daaglikse, my lees inkry, en moet aan die nuwe site werk. Dis about dit wat voorlê vir die Sondag. Continue reading Vandag is Sondag.
Saterdag!
Lekker ou Saterdag. Weet nie, ek werk tot 5 uur, kom eers half 6 uit die winkel uit, maar Saterdag bly vir my lekker. Dink dit omdat ek daai uurtjie vroeër gaan loop, en more laat kan slaap, al doen ek dit nie. Maar net die idee ek kan. En ek voel so gerus op ‘n Saterdag aand. Continue reading Saterdag!
Paar stappe terug
Het die laaste paar dae ‘n paar stappe terug gevat. Maar ek dink dit was nodig, dalk van God. Dinge in ‘n bietjie van ‘n ander lig gebring. Ook mense op my pad gebring wat ek lankal nodig gehaad het. En my dinge laat doen wat ek lankal moes doen. Dan het dinge met Droom ook mooi geloop. Dis wat ek haar van nou af noem. Vanaand meer daaroor. Of ek hoop so, hoop ek is nie net lui nie, of darem nie altyd lui nie, maar net te moeg. Continue reading Paar stappe terug
Gister was great
Ek het gister toe vir Anita êrens heen gevat, nie ‘n date nie, net êrens heen gevat. Moer was ek gespanne voor die tyd. Het geen rede gesien waarom sy saam met my sou wou kom nie. Sy het toe. Ek het hierdie hengse vrees gehaad dat dit moeite is vir haar is om om my te wees. Dit lyk toe nie so nie. Ek het haar Ocean Basket toe gevat. Kos was lekker en het lekker gesêls. Continue reading Gister was great
Dag Twee
Noem dit maar net dag twee want dit is die tweede dag in ‘n ry wat ek nou weer ietsie opsit. Weet nog nie eintlik wat ek wil skryf nie, so sal maar so stuk-stuk skryf. Kan net solank sê dat ek bietjie van ‘n onrustige aand gehaad het gisteraand.
‘n Sekere meisie vir wie ek baie omgee het prentjies van baba klere as haar profile pic gehaad. So julle weet wat natuurlik waste gedagtes by my opkom. My kop sê vir my dit is nie so nie, maar dan is ek ook maar net mens, so ek wonder maar. Van die meisie gepraat, ek sal moet ‘n post op sy eie maak oor haar. Sal maar net dinge van my hart af moet kry. Nie juis swaar dinge nie, maar net dinge wat ek dink.
Ek wil nou weer gaan Bybel lees. En ek wil net nie daar gaan sit nie, nie dat dit moeite is nie, maar ek lees en ek lees, en ek voel ek is so naby, maar ek kan dit net nie plaas nie. Ek kry net nie daai break nie. Ek wonder partkeer of ek nie maar moet glo soos die kerke my sê om te glo nie.
Back on line.
Was bietjie van die site af, maar nou is ek terug en gaan weer post. Baie gebeur in die laaste ruk vandat ek laas gepost het. Net weer besef hoe tyd loop. Dit move.
Ja baie het gebeur, maar ek het nie veel reg gekry nie. Maar die jaar is nog nie om nie, as ek nou my finger uit my agterend uit trek kan ek nog die jaar ‘n mooi jaar maak.
Wat gebeur het is, ek het begin vroeg opstaan en God soek in die môre. En ek vorder, maar ek kry Hom nie, of ek kry Hom, ek dink ek weet waar hy is, maar ek weet nie hoe om by Hom uit te kom nie. Dis die een ding.
Die ander groot ding is ek het van Sandra ontslae geraak, en gaan staan en verlief raak op ‘n ander vrou wat nie kan gebeur nie. Meer hier oor ook later. Soek beter woorde vir “nie kan gebeur nie”, want dit kan gebeur, maar wat ek eintlik wil sê is, ek weet nie, sal meer sê later op ‘n post op sy eie.
Laaste ding is, ek het op ‘n cool site af gekom wat jou mooi leer hoe om apps te bou, maar dink jy ek doen dit?
O ja, en ek het my eie plek begin in Cyferskuil, maar ook meer daaroor later.
Hierdie was net om weer te begin.