Saterdag!

Lekker ou Saterdag. Weet nie, ek werk tot 5 uur, kom eers half 6 uit die winkel uit, maar Saterdag bly vir my lekker. Dink dit omdat ek daai uurtjie vroeër gaan loop, en more laat kan slaap, al doen ek dit nie. Maar net die idee ek kan. En ek voel so gerus op ‘n Saterdag aand.

Ek hou darem van pen en boek. Ek hou van skryf, goed uitwerk op papier eerder as om op Word of so iets te doen. Wou nou die somme maak vir my nuwe site, maar voel eerder lus om dit op papier te doen, hou net meer daarvan.

Bly gespanne, gedink gister dis dalk ‘n vorm van ontrekkings simtome van die blou pilletjies, (wat ek gister juis nie gebruik het nie, let wel, nie misbruik nie), maar voel nog so vanoggend. Daai knop op die maag. Sal maar sien hoe voel ek deur die dag. Gaan verseker vanaand my GRV’s op datum hê, dan sien ons.

Nou weer bietjie gelees. Weer Johannes. Weer geniet, maar weer gewonder. Kom ek post nou.

Waar staan dit, en is dit Woord: “Kom ons gaan na die berg van die Here toe, uit Sion kom die openbaring”

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *