Gister toe nie te bad nie.

So die trok vol pallets wat vandag toe moes kom, het toe gister gekom. Vandag kom net SAB. En as alles reg loop kan ek vroeg huis toe gaan en aan die site bou. Dis nou die nuwe site. Wou gisteraand gebou het aan die site, maar was net so moeg.

Sal moet ‘n manier kry om my tyd uit te werk. Will graag vroeg opstaan, dis nou vyf uur in die oggend, so sal nie te laat gaan slaap nie, maar wil ook nou nie te vroeg gaan slaap nie dat ek niks gedoen kan kry nie. Kom eers agt uur in die huis, kom ons sê nege uur klaar gebad, so sal hom moet stoot tot so elf uur, wat beteken ek kry ses ure slaap as ek vyf uur opstaan.

Goed lekker gelees en koffie gedrink. gaan nou eers werk. Vandag bietjie vroër by die huis gekom. Dis mos Dinsdag, so net so na vier by die huis gekom. Bietjie op die bank gelê en slaap, toe winkel toe gegaan, huis toe gekom en aan my site begin werk.

Nou is ek moeg en gaan slaap.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *