Paar stappe terug

Het die laaste paar dae ‘n paar stappe terug gevat. Maar ek dink dit was nodig, dalk van God. Dinge in ‘n bietjie van ‘n ander lig gebring. Ook mense op my pad gebring wat ek lankal nodig gehaad het. En my dinge laat doen wat ek lankal moes doen. Dan het dinge met Droom ook mooi geloop. Dis wat ek haar van nou af noem. Vanaand meer daaroor. Of ek hoop so, hoop ek is nie net lui nie, of darem nie altyd lui nie, maar net te moeg.

Moet ook met my nuwe site begin. Of at least daaroor skryf. En verder gaan met die “apps tutorial”. Maar hoekom ek dit nooit doen nie, het ook te doen met die laaste paar dae, en nou het ek iemand om dit voor te sê. En ek kan dit hier skryf. Alles te doen met die pille, of miskien nie alles nie, maar baie. Ek het 23 pille oor, as dit klaar is, is dit klaar. Miskien gaan ek hom so uitwerk dat ek hulle later in twee deel en dan veertig dae op hulle is.

Ek weet nie hoekom is ek so gespanne nie, weet nie of dit is vir die groot order wat ek moet plaas nie. Weet nie of dit is oor Anita se sliding door wat ek vir haar moet betaal nie, en of sy hom betyds gaan kry sodat haar planne mooi moet loop nie. Weet nie of dit is oor ek nie SAB gaan kry nie, maar kan nie sien dat dit ‘n problem gaan wees nie, was al deur erger met SAB.

Ek gaan nie dat hierdie blog skryf inmeng met my tyd wat ek moet gebruik om by die Waarheid uit te kom nie. Dis nou die oggend. As ek in die oggend wil skryf, soos dit vir my lekker is, dan moet ek vroeër opstaan. Is dit regtig vir my lekkerder in die oggend, of hardloop ek net weg van lees af. Nee ek dink dit is lekker om in die oggend te skryf.

Moet nou begin reg kry, miskien skryf ek vanaand weer, het wel bo gesê ek skryf meer vanaand, maar het toe aan die skryf gegaan, so sal sien.

 

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *