Gebruik ek die gewig verloor as ‘n verskoning om nie aan die app te werk nie? Ek dink so. Maar ek wil bietjie gewig verloor. Dis verseker. Eet low carb in die aand. Jy sien jy verloor so vyfhonderd gram per dag, dis mos nou genoeg. Nou moet jy net seker maak jy het ‘n groot genoeg verskeidenheid vleis en souse in die aand om lekker te kan eet. Dalk moet jy ook maar die koffie in die oggende los vir die week, sodat jy ‘n agtien uur vas kan hê.
Ek dink ook dalk moet ek net Maandag ‘n ses en deritg uur vas ingooi. Net om die metabolisme aan die gang te kry. Is dit regtig so erg om nie in die aand te eet nie, nee dit is nie, ek het dit ‘n ruk terug gereëld gedoen, en elf uur gaan slaap.