Ja die kat is terug. So ruk terug het Dries ‘n kat weggevat êrens heen. Kyk hy en Gerda hou mos nie van katte nie. Toe vat hy die kat en hy gaan laai hom af langs die pad.Nou vanaand is die kat terug, bietjie maar as ‘n week later. Die bliksem, hy wil mos. En ek sal aanhou om die goed kos te gee. Kos my maar twee sakkies ‘n maand. Nie eers honderd rand as hulle op special is by Checkers nie.
En daar is nou ‘n dragtige een wat hier rondloop, met haar kleintjies hier gaan hy seker die stuipe kry. Ons sal maar sien. Ek sal seker die ou man moet vergewe vir wat hy aan mamma gedoen het. Ek sal maar moet. Ek wil ook. Een ding is verseker, solank ek hier is, kry die katte kos.