Dinge wat ek dink.

Dink gisteraand, hoe hard sou ek gewerk het as ek geweet het die ding kan nie fail nie, as ek geweet het ek kan nie ‘n nee kry nie? Ek sou net gebuig het. Klaar, sonder ophou. Maar wat is fout? Ek weet ek is nie lui nie. Net sodra ek iets wil begin skryf, dan is daar iets. Maar skryf vandag sal ek skryf. Hoekom voel ek ek moet skryf? Hoekom wil ek skryf?  Ek wil net skryf.

Kom ek gaan sommer aan met daai een. Ek bedoel met die post.

Kom ons sluit die post af en begin weer ‘n nuwe een. Dis al weer ‘n paar dae later.

Nee! Ag, nou gaan ek eerder weer aan hier. Onthou hierdie is nie ‘n storie post nie, waar ek iets vertel, nee hier skryf ek goed, veral oor my vrees om suksesvol te wees.

Die eerste een wat ek nou raak lees is om ‘n nuwe rol te gaan hê. Ek dink nou maar net aan die familie, nou is dit Nina vir wat dit werd is, ek sê vir wat dit werd is, want tussen ons vier laat dit veel te wense oor as dit kom by leierskap. As my app gaan werk en ek maak geld, dan gaan dit ek wees, gaan ek die leier in die familie kan wees, is dit dalk wat my bang maak.

My ander groot vrees bly om te loop by Tops. Om vir Carel te sê ek loop. Ek maak nou klaar.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *