Hoeveel keer het ek al op die blog geskryf dat tyd vlieg? Wel ek skryf dit weer, tyd vlieg. Dis al middel Augustus. Voel soos gister wat ek myself moes gedwing het om iets te skryf net sodat ek moes skryf vir Julie. Selfde ou storie, ek kan laat kom maar ek voel so onrustig dat ek niks gedoen kan kry nie, so ek maar gou ietsie op die blog. Van die blog gepraat, ek sal hom regtig moet uitsort, ek sal moet nuwe kategorieë maak en miskien die theme ook verander. Dan meer joernaal hou op die ding. Dit dan nie oopstel vir al die mense nie.
Markus nou by die winkel. Hy help my nou. Wil nie veel op die oop blog daaroor praat nie. Wil nou nie sê dat dit gaan moeilik wees die volgende twee maande nie, maar dit gaan anders wees. Meneertjie dink klaar hy is bestuurder van die hele Warmbad Spar setup. Wonder waneer kom die baba?
Ek sit regtig hier en ek wil net werk toe gaan, voel so onrustig. Wonder hoekom? Sal net moet leer om dit rustig te vat en te fokus op wat hier by die huis aangaan, nie te veel te worry oor wat gaan kom nie. My mense sal oraait wees by die winkel. In elk geval Woensdag, daar gaan niks aan nie.
Terug by die app. Wie moet ek eerste gaan sien? Ek het nou Dinsdae af so ek kan bietjie ry. Dink ek moet eerste Potties en Naboom toe gaan. Moordrift en Spiff. Dan is daar Louw ook by Meatrite en die twee wyn plekke. En nie te vergeet van Blue Ribbon. Sal my doele mooi moet skryf om dit alles gedoen te kry voor einde Oktober. Begin deur almal se apps reg te kry.
Die beste van die doele het gewerk op die los papuier, en nou kan ek die witborde vat, en daar ook doele neerskryf. Kom ons hoop Markus het hom nie gehelp met van my witborde nie. Kom ons begin weer met die los papiere. Dit het goed gewerk.
Nou net ‘n paar kolle op my mat, dis nou die een in die sitkamer, skoon gemaak. Ek dink dis wat ek in die oggend kan doen as ek nie werk toe gaan nie, dis om die plek aan die kant te kry. Ja kom ons hoop maar dit bly skoon. Lol.
Ek moet aanhou om te oefen om in die present te bly. Dit werk. Ek dink ek moet weer die meditasie ding ‘n shot gee. Ek gaan dit van Vrydag af weer doen. Maar ek wonder of ek dit nie moet doen met Woord nie, ek ken mos lang stukke woord uit my kop uit, gebruik dit, sê dit op.
Gaan begin reg kry om te ry. Praat miskien Vrydag as ek weerk kan laat kom weer.