Amper nie Desember gemaak nie.

Dis nou oor ek die groot rekenaar “gebreek” het. Ek het sy battery probeer vervang, en toe haal ek die fan af wat op die CPU is, en nou kry ek hom nie terug nie. Die eerste wat ek iemand kan kry om hom terug te sit vir my is eers Maandag oop.

Maar ek dink die ou by wie ek hom wil gaan ingee is ‘n bietjie dodgy. Nie soos in skelm nie, maar meer soos in ek dink nie hy werk eintlik met rekenaars nie. Vandag met Willem gepraat en dit klink hy kan dit doen. Kom ons dink maar, ons het tot Maandag tyd om te besluit wat om te doen. Miskien dalk nog eerder na Com-tec op Warmbad toe vat.

Maar een ding wat ek voor Maandag moet besluit, is of ek die plek (die winkel) gaan oophou of nie. En ek dink ek gaan die plek toe maak.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *