Jy sal moet begin weet wat jy wil doen, dit stap vir stap uitskryf. Dis nou jou enigste opsie. Ek lees baie van die trein afsklim as jy weet jy is op die verkeerde een. Maar die ding is, ek kan nie seker wees ek is op die verkeerde trein, want ek hou nooit vol met ‘n ding nie.
Dis hoekom jy in die aande sit en Facebook reels kyk. Jy weet nie wat om te doen nie. En ek is seker ek het dit al hier geskryf. Maak ‘n stap vir stap to-do list, en doen dit elke aand. Begin deur meer opsies te sit op die n8n workflow, of eerder voor dit maak die n8n workflow perfek. Maak dat hy nie ‘n enkele woord in Engels gebruik nie. Jy weet wat ek bedoel.
Sal môre kyk wat is die beste way om eiers se dop af te haal. Af te dop, wat noem ons dit in Afrikaans. Ek sien daar is twee maniere, ek sal kyk watter een werk die beste. Die een is om die eiers in kookwater te sit, nie die water te laat kook met die eiers in nie. Die ander een is om die eiers dadelik in yswater te gooi na dit gekook het. Ek sal so gou ek kan terugvoering gee daaroor.