Wat kan ek sê?

Daar is verseker die winkel oor wat ek kan praat. Daar is seker Nikita oor wie ek kan praat. Daar is Shanay wie ek oor kan praat. Daar is my website en my planne oor wat ek kan praat. So ek sal maar ietsie oor alles sê. Ook net om my ietsie te skryf vir September wat al amper verby is.

Dan is daar natuurlik die Bybel en veral Johannes wat ek oor moet praat. Ek moet verseker daarmee begin. Ek wens ek kan anders begin dink. Soos toe ek ‘n kind was dat Liewe Jesus vir my sondes gesterf het en ek net “In Jesus Naam” moet bid. Maar ek kan nie terug gaan daarna toe nie.

Daar is iets meer, en ek kan net Jesus vra om Hom aan my te openbaar. Of die Vader om Hom aan my te openbaar. En een ding weet ek die Vader sal die Heilige Gees gee aan my wat Hom vra. Dit is in Lukas.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *