Paar dinge voor lente begin.

Een ding sovêr kan ek sê, dit was ‘n baie power winter gewees. Amper glad nie eers koud gewees nie. Of kom ek sê daar was nie eers een kouefront hier bo gewees nie. Daar was even in Pretoria net een of twee gewees. Dan was dit nie eers so erg gewees nie. So ja, dit was winter en koud gewees, maar glad nie so erg nie.

Verder het die Vader mooi in my behoeftes voorsien. Dankie daarvoor Vader. Maar wat ek moet ek doen sodat Hy oorvloedig in my behoeftes voorsien? So oorvloedig dat ek kan uitdeel, of baie uitdeel. Dat ek my droom kan bewaarheid om vir my broers en suster elkeen ‘n lewensannuïteit te kan koop, of te laat kan opbou. Of wat ook al. Die punt is ek gaan sorg dat hulle mooi aftree, elkeen met genoeg per maand, en ‘n hospitaalplan at least.

Ja dit is al amper slaaptyd. Môre skryf jy jou doele. Een van hulle is om te leer tik, die ander is om teen die tiende geld te verdien het, anders verkoop ek my kar. En as ek nie geld het vir stock nie, koop ek dit nie.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *