Seker Mei 2025 se enigste skrywe.

Ek weet nie, maar soos tyd vlieg kan hierdie die enigste een wees vir Mei maand. Ek skryf so baie daaroor, maar tog doen ek niks daaraan nie. Ek fok net elke dag rond. En as ek my kry is dit aand, en dan slaap tyd en dan die volgende dag.

En dan het ek net mooi niks gedoen nie. Ek kom vandag agter ek doen niks, omdat ek onseker is. Kry sekerheid. Wees seker waarvoor jy bid, en waarvoor jy mik. Kry daai visie van jou reg. Of jy het jou visie reg, kry nou net jou plan van aksie reg.

Ek het so baie tyd, baie in die oggend, deur die dag en die aand. Niks wat my vas hou nie. Ek kan in die oggend Bybel leer soos ek graag wil, in die dag werk ek aan my online goed, en in die aand aan my app. Of ruil die laaste twee om.

Ek weet een ding, en ek weet nie of ek dit hier kan skryf nie, maar ek weet ek gaan God sien, een van die dae. Of ek gaan Hom ontdek. Ek smag daarna met my hele lewe. Of is dit hart.

Hoe gaan ek maak as ek vir ewig gaan lewe. Waar gaan ek oor drie honderd jaar kos kry. Ek meen hoe gaan ek eet en lewe maar ook nog wegsteek dat ek drie honderd drie en vyftig jaar oud is? My probleem is die aandag wat ek gaan trek.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *