Nou die deal met Jaco se goed, dis nou hoendervoere en kuikens en medisyne en feeders en so. So ek hou aan die huur betaal, want ek doen dit tog anyway, en hy gee my ‘n cut van alles wat ek vir hom verkoop.
Ek betaal mos in elk geval vir die gebou langs my waar die Pepsi en Refreshhh in staan. Eintlik mors ek daai deel, en ek is baie close om van die Refreshhh ontslae te raak. Jy kan net nie drie rand op ‘n produk maak nie. Miskien hou ek dan net die Pepsi en Reboost en Super C. Ek maak darem bietjie meer per kas op dit. Sal nog besluit.
Miskien moet ek die Here ‘n teken bid en vra dat as die goed môre nie kom nie, ek van dit ontslae moet raak. Ek dink van al die kere wat ek Pepsi of the The Beverage Company se goed bestel het, het dit twee keer reg gekom, die ander kere was dit net ‘n gemors. Die rep moes dit met sy kar aanry. Kom ons kyk maar wat gebeur môre.
Ek hoop die ding van Jaco is die ding waarvoor ek gewag het. Gebid het, Woord gespreek het. Of een van die dinge. Net iets om dinge te laat loop. Dinge om my worries van die winkel af te vat en my te laat fokus op die app. Ek moet teen die einde van die week die ding van die app gedoen het op Fiver. Laat ek net die gradle ding uitgesort kry.