So Derick vat my toe hospitaal toe. Maar snaaks, Derick gaan altyd na sy kamer toe as ek by die huis aankom. Daai aand, die Dinsdagaand, toe voel ek baie hartseer, oor klomp goed, en vir die eerste keer in lank roep ek hom toe om by my te kom sit en te gesêls.
So in die hospitaal sluk ek toe pyp, maar dit was so vol bloed, dat hulle my eers moes skoon spuit. Die Maandag sluk ek weer, en toe sien hulle dis een groot sweer en ‘n kleintjie wat gebars het. Weet nie of ek in die vorige post geskryf het hulle het my vier punte, of sakkies bloed gegee.
En ek het baie baie amper nie hospitaal toe gegaan nie. Gedink ek kan dit uitslaap. Ek dink die grootste dankie is verseker aan Shanay. Sy het my oortuig om dokter toe te gaan. Het eers by Pieter Jones gestop. Hy sê my toe die kort asem is die red flag.