Hospitaal stories, en stand van sake.

So ek kom vandag by die huis, gister uit die hospitaal uit gekom. Na my sussie toe, en sy het my vanoggend terug gebring. Wat ‘n storie. Ek was amper dood. Diep dinge nou.

So verlede week Dinsdag gaan ek toilet toe, dinge wat uitkom – pikswart. Dog toe maar dis die twee slabs chocolates wat ek die vorige aand geëet het. Los dit toe maar. Kom die volgende oggend: weer pikswart. Ek raak so vinnig uit asem uit, soos in trek my hemp en broek aan, dan moet vyf minute op die bank of bed gaan lê.

Vra Derick en hy vat my winkel toe. Kom daar, vra Shanay my mooi om dokter toe te gaan. Stop eers by Pieter Jones se apteek, hy geen my iets, maar sê my dat die kort asem in nie ‘n goeie teken nie, hy reken ek moet dokter toe gaan.

Gaan na Veldman toe, ontvangsdame reken my eers hulle werk net op afspraak. Toe sy hoor van die kort asem reken sy my ek moet dalk wag vir die suster. Suster kyk na my sen sê ek moet wag vir die dokter. Hy bel Dokter Viljoen, en die sê ek moet dadelik kom, hy reël vir my ‘n bed.

Môre aand verder.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *