So dis nou of nooit nie.

Dis met die winkel nou of nooit nie. Met die Pepsi en met die vleis en met die meel en sommer met alles. Baie dinge in my guns. Baie planne wat ek kan doen. Moet nou net my gat in rat kry en dit begin deurvoer.

Goed so ek het toe my Pepsi gekry. Dinge lyk of dit aan die gang gaan kom. Klaar glad nie ‘n slegte eerste week gehad nie. Paar kissies na albie kante toe verkoop. Dis nou aan ‘n winkel en aan ‘n ou wat vir sy huis gekoop het. Moet nou net iemand kry om Refreshhh by my te koop, dan is die ys daar gebreek.

Het ook ‘m paar inloop customers gehad wat uit die yskas uitgekoop het. Dit sal alles optel. Die yskaste lyk mooi en mense sal dit sien. Die varkvleis was die hele naweek daar, en die mogodu loop soos hy loop. Moet nou net plan maak met die hoender en meaty bones.

So wat die plan met die Pepsi? wat moer ek nog alles doen? En wat is my ander planne? Met die gholf en met die app? Ek sal moet besluit, maar een ding is verseker die de van nutteloos omsit en X kyk is verby. Ek het so baie dinge om te doen.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *