Op my eie weer.

Na ‘n hele naweek wat Coen Poen en Nien Pien hier was, is ek weer alleen. Snaaks hoe mens dit gewoond kan raak, om allen te wees, seker nie eensaam nie, maar om alleen te wees, jou eie ding te doen. Jou eie roetine. Vroeg op te staan en te weet die huis is joune. Nie iemand se stories oor sy werk en ander goed te hoor nie, net op jou eie te sit en koffie te drink. Jou blog te skryf, jou Bybel te lees.

Wonder hoe sal ‘n vrou dit verander, wil ek dit regtig verander deur ‘n vrou hier in te bring. As ek ‘n vrou hier inbring kan jy weet sy is iets besonders. Sy is die moeite werd om dit voor op te offer, of nie op te offer, maar eerder te verander voor. Soos om dan eerder die ander kamer vir jouself in te rig vir eers, en later ‘n groter plek te kry.

Ek moet vandag vroeg loop met Oom Herman daar. Ek weet nie hoekom worry ek nie, loop net. Voel soos Jako en Markus net ‘n fok en loop. Vir wat gee ek om. Word net gebruik daar. Gatvol vir die plek. Sluit elke aand my deur agt uur oop en dit vir vyf duisend ekstra op my salaris aan die einde van die jaar. Fok dit. Ek loop twee uur vandag, al wat my later sal laat loop is SAB, so ek hoop hulle kom vroeg. Fok dit amper ook.

So van my tye gepraat, ek sal met Carel moet praat en gou ook. Baie gou ook. Sal plan maak om die oortyd geld met websites op te maak. Sal ook gou ‘n app hĂȘ wat werk en geld inbring. Sommer kak hierdie. Die ou waardeer nie dat ek so tyd insit vir hom nie. Vat dit net for granted. Se moer daarmee.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *