Die files op die groot rekenaar gesit.

Goed ek het nou die files van die Justjava app wat op die laptop was op die groot rekenaar gesit. En Android Studio vat dit, so ek kan net vanaand daarmee aangaan. Is ek bly. 

Ek dink ten spyte van Nien Pien en Coen Poen wat hier is wil ek klaar wees met daardie een voor…. Nee wag, kom ons wees realisties, ek wil klaar wees met daardie tutorial teen Dinsdag aand. Teen Dinsdag aand wil ek klaar wees met aardie module. Teen die einde van die maand wil klaar wees met die hele ding, en dalk nog die Java een begin het.

Soos ek bo gesê het, kom Nina en Coenie bietjie vir my kuier. Hier kom nou reeds ‘n Whatsapp deur wat my sê waar trek hulle. Kom ons kyk. Nee dis nie van hulle af nie, dis ‘n span sms. Maar hulle hoort seker so half hier te wees.

Ken jy daai koffie wat mens by Checkers koop, Beanies? Dis sulke klein  botteltjies koffie met verskillende geure in, soos die een wat ek nou het is vanilla, maar jy kry nog klop ander, soos hazelnut, en daars chocolate en mint, en so aan. Nogal lekker, maar die drawback is jy moet ‘n moerse lot suiker ingooi om dit regtig te geniet. Jy hoef seker nie, maar vir my is daar geenpunt in om dit te drink as dit nie soet nie.

Public vandag, maar ek werk soos gewoonlik. Eish. Raak nou regtig gatvol daarvoor. En vir die geagtuurbydiehuikomery ook. Ek het dit sommer een moerse woord gemaak. Voek net lus, maar wat ek eintlik wil sê is ek raak nou moeg vir dit om 8 uur by die huis te kom elke aand. Sal met Carel gaan praat volgende week. Sal net moet.

Onthou dat ek môre praat oor die baas se vrou wat nou weer by die winkel uit hang. Hier is Nien Pien en Coen Poen nou.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *