Moer, maar was ek gister down vir jou.

Ek weet nie hoekom nie, maar ek kry sulke dae. Gister was een van hulle. Ek was down. Ek weet nie of dit oor Salphy was nie, of dit was oor ek nie met Carel gepraat kry nie, ek weet nie, maar ek was down. Ek dink nog ‘n rede kan wees oor ek nie verder gegaan het met die tutorial nie, maar dit kon ek nie eintlik help nie, of kon ek.

Oor die tutorial gaan ek my dae aanskuif en ek sê dat ek dit wil klaar hê teen Sondag. Teen Sondag moet hierdie module waarmee ek nou besig klaar wees. Ja dit moet klaar wees. Teen volgende Sondag, die naweek dat ek na Nina toe gaan moet dit klaar wees en teen die einde van die maand moet die hele een klaar wees.

Junie wil ek my eerste app bou en teen einde Julie wil ek bedank. Kom ons kyk. Teen einde Julie maak ek genoeg geld om te kan by die huis sit en apps bou en weer te begin aandag gee aan PHP.

Dan bring dit my weer terug by die werk. Wil ek regtig nou by die huis kom sit, moet ek nie my setup maak om by die werk te leer nie. Hoekom nie sit en geld kry daarvoor nie. Praat nog met Carel, maar sê ons moet so einde Julie daarna kyk. Kom ons dink daaroor.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *